1 Wie is soos die wyse man en wie ken die interpretasie van dinge? Die wysheid van ’n mens verhelder sy gesig, maar hy wat skaamteloos is, sal gehaat word.
2 Gehoorsaam die koning se bevel en moenie haastig wees aangaande die eed aan God nie.
3 Moenie haastig wees in Sy Teenwoordigheid nie en moenie vasstaan op ’n bose saak nie, want Hy doen wat Sy plesier is.Rom 13:1-3
4 Dit wat die koning sê is wet en wie kan vir hom vra: “Wat doen u?”
5 Hy wat ’n opdrag uitvoer, sal geen boosheid ken nie en die verstand, wil en emosie van ’n wyse man onderskei beide tyd en oordeel,
6 want vir elke doel is daar tyd en oordeel, want die ongelukkigheid van die mens druk swaar op hom,