2 Gehoorsaam die koning se bevel en moenie haastig wees aangaande die eed aan God nie.
3 Moenie haastig wees in Sy Teenwoordigheid nie en moenie vasstaan op ’n bose saak nie, want Hy doen wat Sy plesier is.Rom 13:1-3
4 Dit wat die koning sê is wet en wie kan vir hom vra: “Wat doen u?”
5 Hy wat ’n opdrag uitvoer, sal geen boosheid ken nie en die verstand, wil en emosie van ’n wyse man onderskei beide tyd en oordeel,
6 want vir elke doel is daar tyd en oordeel, want die ongelukkigheid van die mens druk swaar op hom,
7 want daar is nie een wat weet wat was en wat hom kan vertel wat na hom sal wees nie.
8 Daar is geen mens met heerskappy oor die wind om die wind terug te hou nie en ook het hy nie mag oor die dag van die dood nie; daar is ook geen vrystelling van plig in die dag van die geveg nie; net so sal boosheid ook nie dié bevry wat aan dit oorgegee is nie.