4 Dit wat die koning sê is wet en wie kan vir hom vra: “Wat doen u?”
5 Hy wat ’n opdrag uitvoer, sal geen boosheid ken nie en die verstand, wil en emosie van ’n wyse man onderskei beide tyd en oordeel,
6 want vir elke doel is daar tyd en oordeel, want die ongelukkigheid van die mens druk swaar op hom,
7 want daar is nie een wat weet wat was en wat hom kan vertel wat na hom sal wees nie.
8 Daar is geen mens met heerskappy oor die wind om die wind terug te hou nie en ook het hy nie mag oor die dag van die dood nie; daar is ook geen vrystelling van plig in die dag van die geveg nie; net so sal boosheid ook nie dié bevry wat aan dit oorgegee is nie.
9 Dit alles het ek gesien en my binneste gerig op elke werk wat onder die son gedoen word; daar is ’n tyd wanneer een man heers oor ’n ander om hom seer te maak.
10 Ek het net so die bose gesien begrawe word, wat gekom en gegaan het vanaf die Afgesonderde Plek en hulle is vergete in die stad waar hulle soveel bose dinge gedoen het. Ook dit is waardeloosheid.