8 Daar is geen mens met heerskappy oor die wind om die wind terug te hou nie en ook het hy nie mag oor die dag van die dood nie; daar is ook geen vrystelling van plig in die dag van die geveg nie; net so sal boosheid ook nie dié bevry wat aan dit oorgegee is nie.
9 Dit alles het ek gesien en my binneste gerig op elke werk wat onder die son gedoen word; daar is ’n tyd wanneer een man heers oor ’n ander om hom seer te maak.
10 Ek het net so die bose gesien begrawe word, wat gekom en gegaan het vanaf die Afgesonderde Plek en hulle is vergete in die stad waar hulle soveel bose dinge gedoen het. Ook dit is waardeloosheid.
11 Die begeerte van die seuns van die mens is vas in hulle om boosheid te doen omdat die wraak teen die boosdoeners nie gou uitgevoer word nie.
12 Hy wat sondig, doen boosheid ’n honderd keer en sy dag word uitgerek, nogtans weet ek verseker dat dit goed sal gaan met die aanbidders van יהוה, wat respekvol vrees in Sy Teenwoordigheid,
13 maar dit sal nie goed gaan met die bose nie en hy sal ook nie sy dae verleng soos ’n skaduwee nie omdat hy nie voor God vrees nie.
14 Daar is ’n waardeloosheid wat op die aarde gedoen word; daar is regverdige manne met wie dit gebeur volgens die werke van die bose en daar is bose manne met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; ek sê dat dit ook waardeloosheid is.