3 Om hierdie rede is my heupe vol benoudheid; pyne het my aangegryp soos die pyne van ’n vrou wat geboorte gee. Ek is so verward, ek kan nie hoor nie; so angsbevange, ek kan nie sien nie.
4 My verstand, wil en emosie duisel, angs oorval my; die skemeraand waarna ek uitgesien het, is vir my verander tot ’n verskrikking.
5 Hulle dek die tafel, gooi die lap oor, hulle eet, hulle drink: “Staan op, bevelvoerders, salf die skilde,”
6 want so sê יהוה vir my: “Gaan, plaas die brandwag, laat hom rapporteer wat hy sien.
7 Wanneer hy ‘n strydwa sien, ‘n paar perderuiters, ’n ruiter op ‘n donkie en ’n ruiter op ‘n kameel, laat hom ernstig aandag gee, baie ernstig.”
8 Toe het die brandwag geroep: “O יהוה, ek staan voortdurend op die wagtoring in die dag en ek is op my wagpos elke nag.Open 14:8
9 Nou, let op, hier kom een van die paar perderuiters en hy het gesê: ‘Geval, Bavel het geval en al die beelde van haar gode is stukkend op die grond’.”