18 Toe sy by hom aankom, het sy hom oortuig om van haar vader ’n stuk grond te vra. Sy het van die donkie afgeklim en Kalev vra vir haar: “Wat wil jy hê?”
19 Toe sê sy: “Gee vir my ’n seën, aangesien u vir my die Suidland (Negev) gegee het, gee ook vir my waterfonteine.” Hy het vir haar die boonste en die onderste fonteine gegee.
20 Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Y’hudah volgens hulle families.
21 Die stede van die stam van die seuns van Y’hudah op die uiterstes by die grens van Edom in die suide was Kavtze’el, `Eder, Yagur,
22 Kinah, Dimonah, `Ad’adah,
23 Kedesh, Hatzor, Yitnan,
24 Zif, Telem, Be’alot,