1 Toe het die hele vergadering van die seuns van Yisra’el by Shiloh bymekaargekom en daar die Tent van Ontmoeting opgeslaan en die land was voor hulle onderwerp.
2 Daar het onder die seuns van Yisra’el nog sewe stamme oorgebly aan wie nie hulle erfenis gegee is nie.
3 Toe sê Y’hoshua aan die seuns van Yisra’el: “Hoe lank sal julle uitstel om die land in te gaan en in besit te neem wat יהוה, die God van julle vaders, vir julle gegee het?
4 Voorsien vir julleself drie manne uit elke stam sodat ek hulle kan uitstuur en dat hulle kan opstaan en deur die land loop en ’n beskrywing daarvan neerskryf volgens hulle erfenis; dan moet hulle na my toe terugkom.
5 Hulle moet dit in sewe dele verdeel; Y’hudah sal in sy gebied in die suide bly en die huis van Yosef sal in sy gebied in die noorde bly.