21 Remet, `Ein-Gannim, `Ein-Hadda en Beit-Patzetz.
22 Die grens het geloop tot by Tavor, Shagatzimah en Beit-Shemesh en hulle gebied eindig by die Yarden: sestien stede met hulle dorpe.
23 Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Yissakhar, volgens hulle families; die stede met hulle dorpe.
24 Die vyfde lot het op die stam van die seuns van Asher geval, volgens hulle families.
25 Hulle gebied was: Helkat, Hali, Beten, Akhshaf,
26 Allammelekh, `Am’ad en Mish’al en dit het weswaarts gekom tot by Karmel en tot by Shigor-Livnat.
27 Dit draai na die ooste, na Beit-Dagon en tot by Z’vulun en die Vallei van Yiftag-El, noordwaarts tot by Beit-`Emek en Ne’i’el; dan hou dit aan noord tot by Kavul,