46 Me-Yarkon en Rakkon, saam met die gebied teenoor Yafo.
47 Die gebied van die seuns van Dan was nie voldoende vir hulle nie; daarom het die seuns van Dan opgetrek en teen Leshem geveg en dit ingeneem. Toe het hulle dit met die skerpte van die swaard verslaan, dit in besit geneem en daarin gebly en hulle het Leshem Dan genoem volgens die naam van hulle vader, Dan.
48 Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Dan, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.
49 Toe hulle klaar die land volgens sy grense as erfenis verdeel het, het die seuns van Yisra’el aan Y’hoshua, die seun van Nun, ’n erfenis tussen hulle gegee.
50 Volgens die bevel van יהוה het hulle vir hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die Bergland van Efrayim. Hy het die stad opgebou en daarin gaan bly.
51 Dit is die erfenisse wat El’azar, die priester, Y’hoshua, die seun van Nun en die familiehoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Shiloh, voor die Teenwoordigheid van יהוה, by die ingang van die Tent van Ontmoeting. So het hulle klaar die land verdeel.