4 Die vrou het egter die twee manne gevat en hulle weggesteek en sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
5 Dit het gebeur dat toe die poort met donker gesluit moes word, die manne uitgegaan het; ek weet nie waarheen die manne gegaan het nie; agtervolg hulle gou, want julle sal hulle inhaal.”
6 Sy het hulle egter opgevat na die dak toe en hulle weggesteek onder die vlasstingels wat sy op haar dak oopgegooi het.
7 Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Yarden, na die driwwe; dadelik nadat hulle agtervolgers uitgegaan het, het hulle die hek gesluit.
8 Voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe
9 en vir die manne gesê: “Ek weet dat יהוה die land aan julle gegee het en dat die verskrikking van julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land weggesmelt het voor julle,
10 want ons het gehoor hoe יהוה die water van die Sufsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Mitzrayim gekom het en wat julle aan die twee konings van die Emoriete, Sigon en `Og, oorkant die Yarden gedoen het, wat julle heeltemal uitgewis het.Deut 28:10