1 Toe het יהוה met Y’hoshua gepraat en gesê:
2 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Wys die stede van ontvlugting aan, waarvan Ek deur die diens van Moshe met julle gepraat het
3 sodat hy wat doodslag begaan het, wat enige persoon onopsetlik, sonder voorbedagde rade doodgemaak het, daarheen kan vlug en hulle sal vir julle dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.
4 Hy moet na een van hierdie stede vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad stel en hulle moet hom by hulle in die stad inneem en aan hom plek gee sodat hy tussen hulle kan bly.
5 Nou, as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie in sy hand uitlewer nie omdat hy sy naaste sonder opset doodgemaak het en hom nie vroeër gehaat het nie.