9 Die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh het teruggegaan huis toe en weggetrek van die seuns van Yisra’el af, by Shiloh wat in die land Kena’an lê, om na die land Gil’ad te gaan, na die land van hulle besitting wat hulle in besit geneem het, volgens die bevel van יהוה, deur Moshe.
10 Toe hulle kom by die streek van die Yarden, wat in die land Kena’an lê, het die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh daar ’n altaar gebou by die Yarden, ’n altaar groot van aansien.
11 Die seuns van Yisra’el het gehoor dat dit gesê word: “Let op, die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh het ’n altaar gebou op die grens van die land Kena’an, in die streek van die Yarden, aan die kant wat behoort aan die seuns van Yisra’el.”
12 Toe die seuns van Yisra’el dit hoor, het die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaargekom in Shiloh om teen hulle op te trek in oorlog.
13 Toe het die seuns van Yisra’el vir Pingas, die seun van El’azar, die priester, na die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh, in die land van Gil’ad gestuur
14 en tien leiers saam met hom, een leier vir elke vader se familie, van elkeen van die stamme van Yisra’el en hulle was elkeen die familiehoof van die stamme van Yisra’el.
15 Hulle het by die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die halwe stam van M’nasheh in die land Gil’ad gekom en met hulle gepraat en gesê: