1 Toe het Y’hoshua al die stamme van Yisra’el bymekaar laat kom by Sh’khem en die oudstes van Yisra’el, hulle hoofde, regters en hulle leiers laat roep en hulle het hulself voor God aangebied.
2 Y’hoshua het vir al die mense gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Van antieke tye af het julle vaders oorkant die Rivier (Eufraat) gebly; Terag, die vader van Avraham en die vader van Nagor en hulle het ander gode gedien.
3 Toe het Ek julle vader Avraham, van oorkant die Rivier af, gevat en hom deur die hele land Kena’an laat trek en sy nageslag vermeerder en Yitz’gak vir hom gegee.
4 Aan Yitz’gak het Ek Ya’akov en `Esav gegee en aan `Esav het Ek die Se’ir gebergte gegee, om dit te besit, maar Ya’akov en sy seuns het afgegaan na Mitzrayim.
5 Toe het Ek Moshe en Aharon gestuur en Mitzrayim met ’n plaag getref in sy midde en daarna het Ek julle uitgebring.