16 Die volk antwoord en sê: “Dit is ver van ons dat ons יהוה sou verlaat om ander gode te dien,
17 want יהוה, ons God, is Hy wat ons en ons vaders uit die land van Mitzrayim uit die huis van slawerny gebring het en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en tussen al die volke waardeur ons getrek het.
18 יהוה het al die volke voor ons uit verdryf, selfs die Emoriete wat in die land gebly het. Ook ons sal יהוה dien, want Hy is ons God.”
19 Toe sê Y’hoshua vir die volk: “Julle sal nie in staat wees om יהוה te dien nie, want Hy is ’n afgesonderde God. Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortredinge en julle sondes nie vergewe nie.
20 As julle יהוה verlaat en vreemde gode dien, sal Hy omdraai en julle kwaad aandoen en julle verteer nadat Hy aan julle goed gedoen het.”
21 Die volk het vir Y’hoshua gesê: “Nee, maar ons sal יהוה dien.”
22 Y’hoshua het vir die volk gesê: “Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself יהוה gekies het om Hom te dien.” Hulle sê: “Ons is getuies.”