2 Y’hoshua het vir al die mense gesê: “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Van antieke tye af het julle vaders oorkant die Rivier (Eufraat) gebly; Terag, die vader van Avraham en die vader van Nagor en hulle het ander gode gedien.
3 Toe het Ek julle vader Avraham, van oorkant die Rivier af, gevat en hom deur die hele land Kena’an laat trek en sy nageslag vermeerder en Yitz’gak vir hom gegee.
4 Aan Yitz’gak het Ek Ya’akov en `Esav gegee en aan `Esav het Ek die Se’ir gebergte gegee, om dit te besit, maar Ya’akov en sy seuns het afgegaan na Mitzrayim.
5 Toe het Ek Moshe en Aharon gestuur en Mitzrayim met ’n plaag getref in sy midde en daarna het Ek julle uitgebring.
6 Ek het julle vaders uit Mitzrayim uitgebring en julle het by die see gekom en die Mitzrayiete het julle vaders met strydwaens en perderuiters na die Sufsee toe agterna gejaag,
7 maar toe julle vaders uitgeroep het na יהוה, het Hy duisternis gesit tussen julle en die Mitzrayiete en toe het יהוה die see laat verdeel en julle vaders daar deur laat kom en die see oor die Mitzrayiete laat kom en hulle oordek en julle eie oë het gesien wat Ek in Mitzrayim gedoen het. Julle het in die wildernis gebly vir ’n lang tyd.
8 Toe het Ek julle gebring in die land van die Emoriete wat oorkant die Yarden gebly het en hulle het teen julle geveg en Ek het hulle in julle hand gegee en julle het hul land in besit geneem toe Ek hulle voor julle uit vernietig het.