21 Hy het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Wanneer julle kinders in die toekoms hulle vaders vra en sê: ‘Wat beteken hierdie klippe?’
22 dan moet julle julle kinders inlig en sê: ‘Op droë grond het Yisra’el deur hierdie Yarden getrek,
23 want יהוה, julle God, het die water van die Yarden voor julle uit laat opdroog totdat julle deurgetrek het, net soos יהוה, julle God, gedoen het met die Sufsee wat Hy voor ons uit opgedroog het totdat ons deurgetrek het
24 sodat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van יהוה magtig is sodat julle יהוה, julle God, ewig respekvol mag vrees.’”