1 Die seuns van Yisra’el het egter ontrou gehandel aangaande die dinge onder ban, want `Akhan, die seun van Karmi, die seun van Zavdi, die seun van Zerag, van die stam van Y’hudah, het van die bangoed gevat; daarom het die woede van יהוה ontbrand teen die seuns van Yisra’el.
2 Nou, Y’hoshua het manne van Yerigo af gestuur na `Ai wat naby Beit-Aven lê, oos van Beit-El en vir hulle gesê: “Gaan op en verken die land.” Die manne het opgegaan en `Ai verken.
3 Hulle het teruggekom na Y’hoshua toe en vir hom gesê: “Moenie al die manskappe laat opgaan nie; omtrent twee of drie duisend man kan opgaan na `Ai; moenie al die manskappe daarheen vermoei nie, want hulle is min.”
4 Omtrent drie duisend man het vanuit die volk daarheen opgegaan, maar hulle het gevlug voor die manne van `Ai.
5 Die manne van `Ai het omtrent ses en dertig van hulle mans doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Sh’varim en hulle op die afgaan verslaan; die binneste van die volk het versmelt en soos water geword.