15 Dit sal wees dat die een wat aangewys is met die bangoed, met vuur verbrand moet word, hy en alles wat aan hom behoort omdat hy die verbond van יהוה oortree en ’n skandedaad in Yisra’el begaan het.”
16 Y’hoshua het dus vroeg in die oggend opgestaan en Yisra’el laat naderkom volgens stamme en die stam van Y’hudah is aangewys.
17 Toe hy die families van Y’hudah laat naderkom, het hy die familie van Zerag aangewys; toe hy die familie van Zerag laat naderkom, man vir man, is Zavdi aangewys.
18 Hy het sy huisgesin man vir man laat naderkom en `Akhan, die seun van Karmi, die seun van Zavdi, die seun van Zerag, van die stam van Y’hudah, is aangewys.Yog 9:24 en vertel my nou wat jy gedoen het. Moet dit nie vir my wegsteek nie.”
19 Toe sê Y’hoshua vir `Akhan: “My seun, ek smeek jou, gee lof en eer aan יהוה, die God van Yisra’el en lig jou hande op na Hom
20 `Akhan het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Waarlik, ek het gesondig teen יהוה, die God van Yisra’el en dit is wat ek gedoen het:
21 toe ek ’n mooi mantel uit Shin’ar, twee honderd sikkels silwer en ’n goudstaaf van vyftig sikkels in gewig by die buitgoed gesien het, het ek hulle begeer en hulle gevat en let op, hulle is weggesteek in die grond binne-in my tent met die silwer onder dit.”