18 Hy het sy huisgesin man vir man laat naderkom en `Akhan, die seun van Karmi, die seun van Zavdi, die seun van Zerag, van die stam van Y’hudah, is aangewys.Yog 9:24 en vertel my nou wat jy gedoen het. Moet dit nie vir my wegsteek nie.”
19 Toe sê Y’hoshua vir `Akhan: “My seun, ek smeek jou, gee lof en eer aan יהוה, die God van Yisra’el en lig jou hande op na Hom
20 `Akhan het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Waarlik, ek het gesondig teen יהוה, die God van Yisra’el en dit is wat ek gedoen het:
21 toe ek ’n mooi mantel uit Shin’ar, twee honderd sikkels silwer en ’n goudstaaf van vyftig sikkels in gewig by die buitgoed gesien het, het ek hulle begeer en hulle gevat en let op, hulle is weggesteek in die grond binne-in my tent met die silwer onder dit.”
22 Y’hoshua het boodskappers gestuur en hulle het na die tent toe gehardloop en let op, dit was weggesteek in sy tent, met die silwer onder dit.
23 Hulle het dit vanuit die tent gehaal en dit na Y’hoshua en al die seuns van Yisra’el gebring en dit voor die aangesig van יהוה uitgegooi.
24 Toe het Y’hoshua en die hele Yisra’el, saam met hom, vir `Akhan, die seun van Zerag, gevat, saam met die silwer, die mantel, die goudstaaf, sy seuns, sy dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent en alles wat aan hom behoort het en hulle het hul opgevat na die Vallei van Akhor.