6 Toe het Y’hoshua sy klere geskeur en met sy gesig op die grond geval voor die ark van יהוה, tot die aand toe, hy en die oudstes van Yisra’el en hulle het stof op hul koppe gegooi.
7 Y’hoshua het gesê: “Ag, Meester יהוה, waarom het U ooit hierdie volk oor die Yarden gebring om ons oor te gee in die hand van die Emoriete, om ons te vernietig? As ons maar gewillig was om oorkant die Yarden te bly!
8 Ag יהוה, wat kan ek sê aangesien Yisra’el die rug gedraai het voor hulle vyande,
9 want die Kena’aniete en al die inwoners van die land sal daarvan hoor en hulle sal ons omsingel en ons naam van die aarde af afsny en wat sal U vir U groot Naam doen?”
10 יהוה sê vir Y’hoshua: “Staan op, waarom het jy op jou gesig neergeval?
11 Yisra’el het gesondig en het ook My verbond oortree wat Ek hulle beveel het. Hulle het selfs van die bangoed gevat en beide gesteel en mislei. Meer nog, hulle het dit ook by hulle eie goed gesit;
12 daarom kan die seuns van Yisra’el nie staan voor hulle vyande nie. Hulle draai hul rug voor hulle vyande, want hulle het ’n vloek op hulle. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die bangoed onder julle uit vernietig nie.