26 Y’hoshua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van `Ai ten volle vernietig het nie.
27 Net die vee en die buit van daardie stad het die Yisra’eliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van יהוה, wat Hy Y’hoshua beveel het.
28 Y’hoshua het `Ai verbrand en daarvan ’n puinhoop gemaak vir ewig, ’n verlatenheid tot vandag toe.Deut 21:22,23
29 Hy het die koning van `Ai aan ’n paal opgehang tot sonsondergang toe en teen sononder het Y’hoshua beveel dat hulle sy lyk van die paal afhaal en dit by die ingang van die stadspoort gooi en ’n groot hoop klippe oor hom stapel, wat vandag nog daar is.
30 Toe het Y’hoshua ’n altaar gebou vir יהוה, die God van Yisra’el, op die berg `Eival,
31 soos Moshe, die kneg van יהוה, die seuns van Yisra’el beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moshe: ’n altaar van ongekapte klippe waaroor niemand ’n yster geswaai het nie en dáárop het hulle aan יהוה brandoffers gebring en vredesoffers geoffer.
32 Hy het daar ’n afskrif van die wet van Moshe op die klippe geskryf, wat hy geskryf het voor die oë van die seuns van Yisra’el.