17 Toe het die seuns van Yisra’el weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom. Hulle stede was: Giv’on, K’firah, Be’erot en Kiryat-Ye’arim.
18 Die seuns van Yisra’el het hulle nie verslaan nie omdat die leiers van die vergadering teenoor hulle gesweer het by יהוה, die God van Yisra’el. Die hele vergadering het teen die leiers gemurmureer.
19 Al die leiers sê egter vir die hele vergadering: “Ons het teenoor hulle gesweer by יהוה, die God van Yisra’el en nou mag ons nie aan hulle raak nie.
20 Dit sal ons aan hulle doen; hulle laat lewe sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons teenoor hulle gesweer het nie.”
21 Die leiers sê vir hulle: “Laat hulle lewe!” Hulle het houtkappers en optrekkers van water geword vir die hele vergadering, net soos die leiers vir hulle gesê het.
22 Toe laat Y’hoshua hulle roep en praat met hulle en sê: “Waarom het julle ons mislei deur te sê: ‘Ons bly baie ver van julle af’ terwyl julle in ons land bly?
23 Nou, julle is daarom vervloek en julle sal nooit ophou om slawe, beide houtkappers sowel as optrekkers van water, vir die huis van my God te wees nie.”