20 Dit sal ons aan hulle doen; hulle laat lewe sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons teenoor hulle gesweer het nie.”
21 Die leiers sê vir hulle: “Laat hulle lewe!” Hulle het houtkappers en optrekkers van water geword vir die hele vergadering, net soos die leiers vir hulle gesê het.
22 Toe laat Y’hoshua hulle roep en praat met hulle en sê: “Waarom het julle ons mislei deur te sê: ‘Ons bly baie ver van julle af’ terwyl julle in ons land bly?
23 Nou, julle is daarom vervloek en julle sal nooit ophou om slawe, beide houtkappers sowel as optrekkers van water, vir die huis van my God te wees nie.”
24 Hulle het Y’hoshua geantwoord en gesê: “Omdat dit verseker aan u diensknegte meegedeel is dat יהוה, u God, aan Moshe, Sy dienskneg, beveel het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te vernietig, was ons daarom baie bevrees vir ons lewens en het ons hierdie ding gedoen.
25 Nou, let op, ons is in u hande: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te doen.”
26 So het hy met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die seuns van Yisra’el en hulle het hul nie doodgemaak nie,