9 Hulle sê vir hom: “U dienaars kom van ’n baie ver land af as gevolg van die verslag van die roem van יהוה, u God, wat ons aangaande Hom gehoor het en alles wat Hy in Mitzrayim gedoen het;
10 ook alles wat Hy aan die twee konings van die Emoriete oorkant die Yarden gedoen het, aan Sigon, die koning van Heshbon en `Og, die koning van Bashan, wat in `Ashtarot was;Deut 20:10-11
11 daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gepraat en gesê: “Neem padkos in julle hand vir die reis en gaan ontmoet hulle en sê vir hulle: ‘Ons is julle diensknegte, sluit dan nou ’n verbond met ons.’
12 Hierdie brood van ons was warm toe ons dit as padkos uit ons huise gevat het op die dag wat ons uitgegaan het om na julle toe te kom, maar nou, let op, dit is droog en het verkrummeld geword.
13 Hierdie wynsakke wat ons volgemaak het, was nuut en let op, hulle is geskeur en hierdie, ons klere en ons sandale, is verslete as gevolg van die baie lang reis.Eks 34:12
14 Die manne het van hulle padkos gevat en nie die raad van יהוה gevra nie.2 Sh'm 21:2
15 Y’hoshua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit dat hy hulle sou laat lewe en die prinse van die vergadering het teenoor hulle gesweer.