10 Hulle het teruggedraai na die oortredinge van hulle voorvaders wat geweier het om My woorde te gehoorsaam en hulle het agter ander gode aangeloop om dié te dien; die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah het My verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het.”
11 יהוה sê daarom: “Let op, Ek bring ’n ramp oor hulle waarvan hulle nie kan ontsnap nie; alhoewel hulle na My sal roep, sal Ek nie na hulle luister nie.
12 Dan sal die stede van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim gaan en roep na die gode vir wie hulle wierook gebrand het, maar dié sal hulle sekerlik nie red in die tyd van hulle ramp nie,
13 want jou gode is soveel as jou stede, o Y’hudah en soveel as die strate van Yerushalayim is die altare wat julle opgerig het vir die skandelike ding, altare om wierook te brand tot Ba’al.
14 Moet daarom nie vir hierdie volk bid nie en moet ook nie ’n uitroep of gebed vir hulle oplig nie, want Ek sal nie hoor as hulle My vanweë hulle ramp aanroep nie.
15 Watter reg het My geliefde in My huis wanneer sy baie vuil dade gedoen het? Kan die offervleis jou ramp van jou af wegvat sodat jy kan bly wees?”
16 יהוה het jou naam (karakter en outoriteit) genoem: “Groen olyfboom, pragtig in vrug en vorm;” met die geluid van ’n groot gedruis het Hy ’n vuur onder dit aangesteek en sy takke is waardeloos.