1 Onpartydig opreg is U, o יהוה, dat ek my saak by U sou bepleit; inderdaad wil ek oor regsake met U praat: waarom is die pad van die bose oortreder voorspoedig? Waarom lewe hulle wat verraad bedryf in gemak?
2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, hulle het selfs vrugte gedra. U is naby aan hulle mond, maar ver van hulle gedagtes.
3 U ken my egter, o יהוה; U sien my en toets my verstand, wil en emosie teenoor U. Sleep hulle weg soos slagskape en sonder hulle af vir die dag van slagting!
4 Hoe lank moet die land treur en die plante van die veld verdor? Vanweë die boosheid van hulle wat daarin bly, word diere en voëls weggeruk omdat hulle sê: “Hy sal ons einde nie sien nie!”