2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, hulle het selfs vrugte gedra. U is naby aan hulle mond, maar ver van hulle gedagtes.
3 U ken my egter, o יהוה; U sien my en toets my verstand, wil en emosie teenoor U. Sleep hulle weg soos slagskape en sonder hulle af vir die dag van slagting!
4 Hoe lank moet die land treur en die plante van die veld verdor? Vanweë die boosheid van hulle wat daarin bly, word diere en voëls weggeruk omdat hulle sê: “Hy sal ons einde nie sien nie!”
5 “As jy met voetgangers loop en hulle maak jou moeg, hoe kan jy dan met perde kompeteer? As jy val in ’n land van vrede, hoe sal jy dan maak in die digte bosse van die Yarden,
6 want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het verraderlik teen jou opgetree; ook hulle roep hardop agter jou aan. Moet hulle nie glo nie, al sê hulle mooi goed vir jou.
7 Ek het My huis verlaat, Ek het My erfenis verwerp; Ek het die geliefde van My lewe in die hand van haar vyande gegee.
8 My erfenis het vir My geword soos ’n leeu in die woud; sy het teen My gebrul; daarom het Ek haar begin haat.