5 “As jy met voetgangers loop en hulle maak jou moeg, hoe kan jy dan met perde kompeteer? As jy val in ’n land van vrede, hoe sal jy dan maak in die digte bosse van die Yarden,
6 want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het verraderlik teen jou opgetree; ook hulle roep hardop agter jou aan. Moet hulle nie glo nie, al sê hulle mooi goed vir jou.
7 Ek het My huis verlaat, Ek het My erfenis verwerp; Ek het die geliefde van My lewe in die hand van haar vyande gegee.
8 My erfenis het vir My geword soos ’n leeu in die woud; sy het teen My gebrul; daarom het Ek haar begin haat.
9 My erfenis het vir My geword soos ’n gespikkelde roofvoël, die roofvoëls reg rondom is teen haar. Gaan, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, bring hulle om haar te kom opeet!Mal 2
10 Baie herders het My wingerd verwoes, hulle het My veld vertrap; hulle het My aangename land ’n verlate wildernis gemaak.
11 Dit is ’n verlatenheid gemaak; verlate treur dit voor My; die hele land is verlate gemaak omdat daar niemand is wat daarvoor omgee nie.