19 Die stede van die Suidland is toegesluit en daar is niemand om dit oop te maak nie; die hele Y’hudah is in ballingskap weggevoer, heeltemal in ballingskap weggevoer!
20 Lig op jou oë en sien hulle wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige skape?
21 Wat sal jy sê wanneer Hy vroeëre metgeselle wat jy self geleer het, as hoofde oor jou aanstel? Sal steekpyne jou nie aangryp soos van ’n vrou in kraam nie?
22 As jy in jou binneste sê: “Waarom het hierdie dinge met my gebeur?” Weens die grootheid van jou oortredinge is jou rompe opgetel en jou hakskene ontbloot.
23 Kan ’n Kushiet sy vel verander of ’n luiperd sy kolle, dan kan julle ook goed doen, julle wat gewoond is om boosheid te doen.
24 Ek sal hulle daarom soos drywende strooi voor die woestynwind verstrooi.
25 Dit is jou lot, die deel wat Ek vir jou afgemeet het,” verklaar יהוה, “omdat jy My vergeet en op valsheid vertrou het.