20 Lig op jou oë en sien hulle wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige skape?
21 Wat sal jy sê wanneer Hy vroeëre metgeselle wat jy self geleer het, as hoofde oor jou aanstel? Sal steekpyne jou nie aangryp soos van ’n vrou in kraam nie?
22 As jy in jou binneste sê: “Waarom het hierdie dinge met my gebeur?” Weens die grootheid van jou oortredinge is jou rompe opgetel en jou hakskene ontbloot.
23 Kan ’n Kushiet sy vel verander of ’n luiperd sy kolle, dan kan julle ook goed doen, julle wat gewoond is om boosheid te doen.
24 Ek sal hulle daarom soos drywende strooi voor die woestynwind verstrooi.
25 Dit is jou lot, die deel wat Ek vir jou afgemeet het,” verklaar יהוה, “omdat jy My vergeet en op valsheid vertrou het.
26 So sal Ek ook jou rompe oplig oor jou gesig sodat jou skande ontbloot en gesien kan word.