1 Dit wat na Yirmeyahu gekom het as die boodskap van יהוה aangaande die groot droogte.
2 “Y’hudah treur en haar poorte verval; hulle sit op die grond in rou en die uitroep van Yerushalayim gaan op.
3 Hulle vernames het hulle bediendes gestuur vir water; hulle het by die bakke gekom en geen water gekry nie. Hulle het teruggekom met hulle houers leeg; hulle is beskaamd en verneder en hulle bedek hulle koppe.
4 Omdat die grond gebars is, want daar was geen reën op die land nie, kom die landbouers tot skande, hulle bedek hulle koppe,
5 want selfs die wildsbokooi in die veld het geboorte gegee, net om haar lam te verwerp omdat daar geen gras is nie.
6 Die wilde-donkies staan op die kaal heuwels, hulle snuif die lug op soos jakkalse; hulle oë faal omdat daar geen gras is nie.