6 Die wilde-donkies staan op die kaal heuwels, hulle snuif die lug op soos jakkalse; hulle oë faal omdat daar geen gras is nie.
7 Alhoewel ons oortredinge teen ons getuig, o יהוה, tree op ter wille van U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil! Waarlik, ons afdwalings was baie, ons het teen U gesondig.
8 O, Verwagting van Yisra’el, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom is U soos ’n vreemdeling in die land of soos ’n reisiger wat sy tent vir die nag opgeslaan het?
9 Waarom is U soos ’n man wat verslae is, soos ’n magtige man wat nie kan red nie? Tog is U in ons midde, o יהוה en ons word volgens U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem. Moet ons nie verlaat nie!”
10 So sê יהוה vir hierdie volk: “Selfs al het hulle daarvan gehou om te swerwe, het hulle nie hul voete in toom gehou nie; daarom aanvaar יהוה hulle nie. Nou sal Hy hulle onregverdigheid onthou en hulle sondes oproep tot verantwoording.”
11 יהוה het vir my gesê: “Moenie bid vir die welstand van hierdie volk nie.
12 As hulle vas, gaan Ek nie na hulle uitroep luister nie en as hulle brandoffers en graanoffers bring, gaan Ek hulle nie aanvaar nie. Ek gaan eerder ’n einde aan hulle maak deur die swaard, hongersnood en pes.”