1 Die sonde van Y’hudah is geskrywe met ’n ystergriffel, met ’n diamantpunt is dit ingegraveer op die tafel van hulle verstand, wil en emosie en op die horings van hulle altare.Deut 16:21
2 Soos hulle hul kinders onthou, so onthou hulle hul altare en Asherim by die groen bome, op die hoë heuwels.
3 “Ek sal jou rykdom, al jou skatte en alles wat tussen jou grense is as buit oorgee as gevolg van jou sonde.
4 Ek sal jou die erfenis laat verloor wat Ek vir jou gegee het en Ek sal maak dat jy jou vyande dien in die land wat jy nie ken nie, want julle het ’n vuur aangesteek in My woede, wat tot in ewigheid sal brand.”Ps 118:8,9
5 So sê יהוה: “Vervloek is die man wat op die mensdom vertrou en vlees sy krag maak en wie se verstand, wil en emosie wegdraai van יהוה af.