6 Hy sal wees soos ’n plant in die woestyn en sal nie sien as voorspoed kom nie, maar sal in klipperige plekke in die wildernis bly, ’n soutland sonder inwoners.
7 Geseënd is die man wat in יהוה vertrou en wie se vertroue יהוה is,Ps 1:3
8 want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is, wat sy wortels uitsteek by ’n stroom en nie sal vrees as die hitte kom nie, maar sy blad sal groen wees en hy sal nie angstig wees in ’n jaar van droogte nie en nie ophou om vrugte te dra nie.
9 Bedrieglik en ernstig siek is die verstand, wil en emosie bo alle dinge; wie kan dit verstaan?
10 Ek, יהוה, deursoek die verstand, wil en emosie, Ek toets die gedagtes, om aan elkeen te gee volgens sy lewenswyse, volgens die vrug van sy dade.
11 Soos ’n patrys wat eiers uitbroei wat hy nie gelê het nie, so is hy wat ’n fortuin maak, maar onregverdig; in die middel van sy dae sal dit hom verlaat en aan die einde sal hy ’n dwaas wees.”
12 ’n Troon van eer, lof en aanbidding, verhewe van die begin af, is die plek van ons afsondering.Yog 4:10