9 Bedrieglik en ernstig siek is die verstand, wil en emosie bo alle dinge; wie kan dit verstaan?
10 Ek, יהוה, deursoek die verstand, wil en emosie, Ek toets die gedagtes, om aan elkeen te gee volgens sy lewenswyse, volgens die vrug van sy dade.
11 Soos ’n patrys wat eiers uitbroei wat hy nie gelê het nie, so is hy wat ’n fortuin maak, maar onregverdig; in die middel van sy dae sal dit hom verlaat en aan die einde sal hy ’n dwaas wees.”
12 ’n Troon van eer, lof en aanbidding, verhewe van die begin af, is die plek van ons afsondering.Yog 4:10
13 O יהוה, die Verwagting van Yisra’el! Almal wat U verlaat, sal beskaam word; wie op die aarde wegdraai sal opgeskryf word omdat hulle יהוה, die Fontein van lewende water, verlaat het.
14 Maak my gesond, יהוה en ek sal gesond wees; red my, dan sal ek gered wees, want U is my Lofprysing.
15 Let op, hulle sê vir my: “Waar is die boodskap van יהוה? Laat dit nou kom!”