1 Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het:
2 “Staan op en gaan af na die huis van die pottebakker en daar sal Ek My woorde vir jou aankondig.”
3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker en daar was hy besig om iets op die wiel te maak,
4 maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het misluk in die hand van die pottebakker; hy het die klei weer gemeng en ’n ander houer gemaak, soos wat die pottebakker goed gedink het om te maak.