2 “Staan op en gaan af na die huis van die pottebakker en daar sal Ek My woorde vir jou aankondig.”
3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker en daar was hy besig om iets op die wiel te maak,
4 maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het misluk in die hand van die pottebakker; hy het die klei weer gemeng en ’n ander houer gemaak, soos wat die pottebakker goed gedink het om te maak.
5 Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
6 “Kan Ek nie soos hierdie pottebakker met julle maak nie, o huis van Yisra’el?” verklaar יהוה. “Let op, soos die klei in die hand van die pottebakker, so is julle in My hand, o huis van Yisra’el!
7 As ek skielik sou praat van ’n nasie of ’n koninkryk om dit te ontwortel, af te breek of te vernietig;
8 as dié nasie waarteen Ek gepraat het, wegdraai van hulle boosheid af, sal Ek die boosheid wat Ek teen hulle beplan het, wegdraai;