14 Is Yisra’el ’n slaaf, of is hy ’n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy ’n prooi geword?
15 Die jong leeus het vir hom gebrul, hulle het hard gebrul en van sy land ’n woesteny gemaak; sy stede is vernietig, sonder inwoner.
16 Die manne van Nof (Memphis) en Tagpanges het geheers oor die kroon van jou kop.
17 Het jy dit nie aan jouself gedoen deur יהוה, jou God, te verlaat toe Hy jou op die pad gelei het nie?
18 Wat maak jy dan nou op die pad na Mitzrayim, om die water van die Nyl te drink? Of wat maak jy op die pad na Ashur, om die waters van die Eufraat te drink?
19 Jou eie boosheid sal jou reghelp en jou afvalligheid sal jou bestraf; weet dan en sien dat dit boos en bitter is vir jou om יהוה, jou God, te verlaat; My respekvolle vrees is dan nie in jou nie,” verklaar יהוה, God van die leërskare,
20 “want lank gelede het Ek jou juk verbreek en jou bande afgeskeur, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie dien nie,’ want op elke hoë heuwel en onder elke groen boom het jy gaan lê as ’n hoereerder.