31 O geslag, gee ag op die woord van יהוה! Was Ek ’n Wildernis vir Yisra’el of ’n Land van dik duisternis? Waarom sê My volk: ‘Ons is vernederd, ons sal nie meer na U toe kom nie?’Yir 3:21
32 Kan ’n maagd haar versierings vergeet, of ’n bruid haar klere? Tog het My volk My dae sonder tal vergeet.
33 Hoe goed berei jy jou pad voor om liefde te soek! Let op, jy het ook boosheid geleer deur jou optrede.
34 Ook is daar aan jou hande die bloed gevind van die onskuldige armes. Ek het dit nie gevind deur hard te soek nie, want dit is onder elke boom.
35 Tog het jy steeds gesê: ‘Ek is onskuldig; Sy toorn sal sekerlik weggedraai word van my af.’ Let op, Ek sal in oordeel met jou gaan omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie.’
36 Hoekom loop jy so baie rond en verander jou pad? Jy sal ook deur Mitzrayim beskaamd gemaak word soos jy deur Ashur beskaamd gemaak is.
37 Ja, jy sal vernederd van hom af weggaan, want יהוה is kwaad vir hulle waarop jy jou vertroue geplaas het en jy sal nie met hulle voorspoedig wees nie.”