9 daarom sal Ek steeds met julle argumenteer,” verklaar יהוה; “en met julle kindskinders sal Ek argumenteer,
10 want gaan oor na die kuslande van die Kittiërs, kyk en stuur na Kedar en gee daar goed ag op en kyk of daar so iets soos dié gebeur het!
11 Het ’n nasie sy gode verruil terwyl hulle nie-gode is nie? My volk het egter sy lof, eer en aanbidding verruil vir wat geen voordeel bring nie.
12 O hemele, wees verstom hieroor, sidder en wees bedroef,” verklaar יהוה,Yog 4:13-14 verlaat om vir hulleself reënbakke uit te kap, gebreekte reënbakke wat geen water kan hou nie.2 Kef 2:17
13 “want My volk het twee booshede gedoen: hulle het My, die Fontein van lewende water,
14 Is Yisra’el ’n slaaf, of is hy ’n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy ’n prooi geword?
15 Die jong leeus het vir hom gebrul, hulle het hard gebrul en van sy land ’n woesteny gemaak; sy stede is vernietig, sonder inwoner.