13 Wee hom wat sy huis bou sonder onpartydige opregtheid en sy boonste kamers sonder regverdige oordeel; wat sy naaste se dienste gebruik sonder betaling en nie vir hom sy loon gee nie;
14 wat sê: ‘Ek sal vir my ’n groot huis bou met ruim bokamers en sy vensters uitsny; dit met sederhout panele bedek en helder rooi verf.’
15 Word jy ’n koning omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en regverdig geoordeel en onpartydig opreg gehandel nie? Toe het dit goed met hom gegaan.
16 Hy het die saak van die geteisterde en behoeftige regverdig hanteer; toe het dit goed gegaan. Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?” verklaar יהוה.
17 “Jou oë en jou verstand, wil en emosie is egter net op jou eie onregverdige wins en op die vergieting van onskuldige bloed en op die praktisering van onderdrukking en afpersing.”
18 יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah: “Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, my broer!’ of ‘ag, suster!’ nie. Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, vir die meester!’ of ‘ag, vir sy majesteit!’ nie.2 Kon 24:6
19 Hy sal met ’n donkiebegrafnis begrawe word, weggesleep en uitgegooi anderkant die poorte van Yerushalayim.