18 יהוה sê daarom aangaande Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah: “Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, my broer!’ of ‘ag, suster!’ nie. Hulle sal nie oor hom rou nie: ‘Ag, vir die meester!’ of ‘ag, vir sy majesteit!’ nie.2 Kon 24:6
19 Hy sal met ’n donkiebegrafnis begrawe word, weggesleep en uitgegooi anderkant die poorte van Yerushalayim.
20 Gaan op na L’vanon en roep uit, lig jou stem op in Bashan; roep ook uit vanaf `Avarim, want al jou minnaars is vergruis.
21 Ek het met jou gepraat in jou voorspoed, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie.’ Dit is wat jy gedoen het van jou jeug af: jy het nie My stem gehoorsaam nie.
22 Die wind sal al jou herders wegwaai en jou minnaars sal in gevangeskap gaan; dan sal jy beskaamd en vernederd staan weens al jou boosheid.
23 Jy wat bly in L’vanon, nes gemaak het in die seders; hoe sal jy kreun as steekpyne oor jou kom, pyn soos ’n vrou wat geboorte gee!
24 So waar as wat Ek leef,” verklaar יהוה, “alhoewel Y’koniyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, ’n seëlring aan My regterhand was, nogtans sal Ek jou afruk