21 Ek het met jou gepraat in jou voorspoed, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie.’ Dit is wat jy gedoen het van jou jeug af: jy het nie My stem gehoorsaam nie.
22 Die wind sal al jou herders wegwaai en jou minnaars sal in gevangeskap gaan; dan sal jy beskaamd en vernederd staan weens al jou boosheid.
23 Jy wat bly in L’vanon, nes gemaak het in die seders; hoe sal jy kreun as steekpyne oor jou kom, pyn soos ’n vrou wat geboorte gee!
24 So waar as wat Ek leef,” verklaar יהוה, “alhoewel Y’koniyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, ’n seëlring aan My regterhand was, nogtans sal Ek jou afruk
25 en Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel en in die hand van die Kasdeërs.
26 Ek sal jou en jou moeder wat aan jou geboorte gegee het, wegslinger na ’n ander land waar julle nie gebore is nie en daar sal julle sterf,
27 maar na die land waarheen hulle begeer om terug te kom, daarheen sal hulle nie terugkeer nie.2 Kon 24:8-15; 2 Kro 36:9,10