26 Ek sal jou en jou moeder wat aan jou geboorte gegee het, wegslinger na ’n ander land waar julle nie gebore is nie en daar sal julle sterf,
27 maar na die land waarheen hulle begeer om terug te kom, daarheen sal hulle nie terugkeer nie.2 Kon 24:8-15; 2 Kro 36:9,10
28 Is hierdie man, Koniyahu, ’n veragte, verbrokkelde houer, of is hy ’n onbegeerlike voorwerp? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggegooi na ’n land wat hulle nie geken het nie?”
29 O Land, land, land, hoor, luister en doen die woord van יהוה!
30 So sê יהוה: “Skryf hierdie man op as kinderloos, ’n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie, want niemand van sy nageslag sal voorspoedig wees en sit op die troon van Dawid of heers oor Y’hudah nie.”Mal 2