19 Toe het Ek gedink hoe Ek jou sal vestig tussen My seuns en aan jou ’n aangename land sal gee, die mooiste erfenis van die nasies! Ek het ook gedink: ‘Jy sal My noem: My Vader en nie wegdraai daarvan om My te volg nie.’
20 Beslis, soos ’n vrou ontrou weggaan van haar minnaar, so het julle ontrou met My gehandel, o huis van Yisra’el,” verklaar יהוה.
21 ’n Stem is gehoor op die hoofpaaie, die gehuil en gesmeek van die seuns van Yisra’el omdat hulle hul lewenswyses bederf het, יהוה, hulle God, vergeet het.
22 “Draai terug, o ontroue seuns; Ek sal julle ontrouheid genees.” “Let op, ons kom na U toe, want U is יהוה, ons God.
23 Waarlik, die heuwels is ’n misleiding, ’n opskudding op die berge. Waarlik, in יהוה, ons God, is die verlossing van Yisra’el,
24 maar die skandelike ding het die arbeid van ons vaders verteer sedert ons jeug, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
25 Laat ons lê in ons skande en laat ons vernedering ons oordek, want ons het teen יהוה,ons God, gesondig, ons en ons vaders, van ons jeug af tot vandag toe en ons het nie die stem van יהוה, ons God, gehoorsaam nie.”