16 daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word en al jou teëstanders, elke een van hulle, sal in gevangeskap gaan en hulle wat jou plunder, sal geplunder word en Ek sal almal wat jou jag, oorgee as ’n prooi,
17 want Ek sal jou tot gesondheid herstel en jou genees van jou wonde,’ verklaar יהוה, ‘omdat hulle jou ’n uitgeworpene genoem het en sê: “Dit is Tziyon, niemand gee om vir haar nie.’”
18 So sê יהוה: ‘Let op, Ek sal die voorspoed van die tente van Ya’akov herstel en My oor sy blyplekke ontferm en die stad sal op sy puinhoop herbou word en die paleis sal op sy regte plek staan.
19 Vanuit hulle sal danksegging en die stem van hulle wat feesvier uitgaan en Ek sal hulle vermenigvuldig en hulle sal nie verminder nie; Ek sal hulle ook eer en hulle sal nie gering wees nie.
20 Hulle seuns sal ook wees soos vroeër en hulle bymekaarkoms sal voor My vasgestel wees en Ek sal al hulle onderdrukkers straf.Hag 1:12,14;2:4,5,21-23; Z’kh 4:6-10
21 Hulle leier sal een van hulle wees en hulle heerser sal uit hul midde kom en Ek sal hom nader bring en hy sal nader kom na My toe, want wie sal sy lewe waag om nader te kom na My toe?’ verklaar יהוה.
22 ‘Julle sal My volk wees en Ek sal julle God wees.’”