23 So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Weereens sal hulle hierdie woord sê in die land van Y’hudah en in sy stede, wanneer Ek hulle welvaart verander: ‘יהוה seën jou, o blyplek van onpartydige opregtheid, o afgesonderde heuwel!’
24 Y’hudah en al sy stede sal saam daarin bly, die landbouers en die wat met troppe rondgaan,
25 want Ek versadig die vermoeide een en verfris elkeen wat wegkwyn.”
26 Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.
27 “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah sal besaai met die saad van mense en van diere.
28 Soos Ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek en om te gooi, te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle waak om te bou en te plant,” verklaar יהוה.
29 “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die vaders het suur druiwe geëet en die tande van die seuns het stomp geword,’ nie,Yeg 18:4