24 Y’hudah en al sy stede sal saam daarin bly, die landbouers en die wat met troppe rondgaan,
25 want Ek versadig die vermoeide een en verfris elkeen wat wegkwyn.”
26 Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.
27 “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer Ek die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah sal besaai met die saad van mense en van diere.
28 Soos Ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek en om te gooi, te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle waak om te bou en te plant,” verklaar יהוה.
29 “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die vaders het suur druiwe geëet en die tande van die seuns het stomp geword,’ nie,Yeg 18:4
30 maar elkeen sal vir sy eie oortredinge sterf; elke mens wat die suur druiwe eet, sy tande sal stomp word.Mat 26:28; 1 Kor 11:24,25; 2 Kor 3:6; Heb 8:8-12