13 In die stede van die Bergland, in die stede van die Laagland, in die stede van die Suidland, in die land van Binyamin, in die omstreke van Yerushalayim en in die stede van Y’hudah sal die troppe weer, onder die hand van die een wat hulle tel, verbygaan,’ sê יהוה.
14 ‘Let op, daar kom dae,’ verklaar יהוה, ‘wanneer Ek die goeie woord in vervulling sal bring wat Ek gesê het aangaande die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah.
15 In daardie dae en in daardie tyd sal Ek vir Dawid ’n onpartydige en opregte Spruit laat uitspruit en Hy sal regverdige oordeel, onpartydige opregtheid uitoefen op die aarde.
16 In daardie dae sal Y’hudah gered word en Yerushalayim in veiligheid bly en dit sal die naam wees wat dit genoem word: יהוה is ons onpartydige opregtheid [יהוה-Tzidkenu],Ps 89:3,4; Open 22:16
17 want so sê יהוה: “Daar sal nooit vir Dawid ’n man ontbreek om te sit op die troon van die huis van Yisra’el nieHeb 7:25
18 en daar sal vir die Leviete en priesters nooit ’n man ontbreek voor My Teenwoordigheid om altyddeur brandoffers te bring en graanoffers aan die brand te steek en om voortdurend offers voor te berei nie.’”
19 Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom en gesê: