23 Die woord van יהוה het tot Yirmeyahu gekom en gesê:
24 “Het jy nie opgemerk wat hierdie volk praat as hulle sê: ‘Die twee families wat יהוה gekies het, dié het Hy verwerp,’ nie? So verag hulle My volk, hulle is geen nasie meer in hulle oë nie.”
25 So sê יהוה: “As My verbond met dag en nag nie staan nie en die vaste patrone van hemel en aarde, nie vasgestel is nie,
26 dan sal Ek die nageslag van Ya’akov en van My dienskneg Dawid verwerp sodat Ek nie uit sy nageslag heersers sal vat oor die nageslag van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov nie, maar Ek sal hulle welvaart herstel en My oor hulle ontferm.’”